Marguerite Wilke Children's Books

Marguerite Wilke Kinderboeke                       

"Jong kinders was nog altyd na aan my hart en ek sien my boeke as 'n geleentheid om op 'n unieke manier na kinders te kan uitreik." 
Marguerite Wilke, ‘n onderwyseres met jare se ervaring en tans verbonde aan 'n privaat tersiêre instelling wat onderwysers oplei, reik uit na kinders van alle ouderdomme. 
Haar verhale leer belangrike lewenslesse en goeie normes en waardes, op 'n subtiele en prettige manier, wat die jong kind se verbeelding aangryp en hulle gretig wil laat verder lees.